Groen Weivelde

Magda C Venter
Browsing Uncategorized

Vrydag 29/4/05

April29

Moet ‘n draai maak by WC. Glad nie in slegte toestand nie. Probeer my hare omkrap dat hulle na iets
moet lyk! Breakfast. Bril in handsak. Weetie wat ek eetie! Hou links en speel veilig. Eet net ons land se
goeders! Amper 8:00 ons tyd. Heathrow kom nader, Praad lader.
Land 7 uur Londen tyd. Amper verander Jorrie in ‘n knorrie, want sy projekplan wil ons met ‘n gewone
bus Londen toe vat, maar ek en almal vir wie ons rigting vra, wil he^ ons moet die “underground” vat.
Een ou se^: “It’s going to take hours!” En dis wat ek ook dog.
Maar die plan draai goed, want ons sien alles. Ou strate, huise op huise. Arm huise, rye aaneen met
onversorgde gras (posseel grootte) daarvoor. Die bus gaan na Kingston. Party plekke begin grander lyk,
maar gras steeds lank. Toe sien ek – dis daisy lawn. Daar groei blommetjies in die gras. Mens kan dit mos
nie sny nie!
Daarna ‘n bus na Wimbledon. Nog huise en huise. As ek die Queen was, het ek vir die volk verf gegee om
die huise mooi te verf, wat alles lyk vir my vervalle. Een huis sit op die straat-hoek met twee buige – die
huis se vorm volg die straathoek. Ons sien ‘n ou begraafplaas – wat lyk of die spoke snags uitklim en die
stene dan nie weer mooi regop neersit nie.
Ewe skielik sien ons ‘n koets aankom van voor. Ek skree vir Jorrie “Gryp die kamers – hier kom die
Queen!” Toe is dit ‘n lykswa, kompleet met swart perde en als. Hele stoet agterna. Moet sê die Engelse
kan bestuur. Die straatjies waardeur on ry is smal en dan parkeer die mense nog op die een helfte. Maar
hulle ry’! Geen traffiek jams hier nie – hulle is pro’s.

Donderdag 28/4/05

April28

Die GROOT dag het uiteindelik aangebreek. Pak, hardloop, pak, hardloop, Lucia se medies, hardloop, Ma
se shopping, hardloop, Sophie se pay, hardloop, nog iets moet gekoop word, Jorrie hardloop, pak, pak,
stort, pak, checklys, pak. Pak uit om te check, pak oor!
Koebaai Lucia – trane, byt vas. Koebaai Ma – trane, byt vas! Martie & Mike na lughawe. Jorrie lyk soos ‘n
one man band. Hy het geldsak om sy nek, moonbag (leeg) om sy lyf, kamera om sy nek, 2 tasse! O shit,
sy foon gaan nie werk nie! [my tipe kontrak wil nie roam nie] Reel in aller yl dat my foon roaming kry. Jy
shien ek het jou mos geshsê!
Uiteindelik op vliegtuig, @ 10-uur is ek vaak, maar ons eet eers 11 uur. Nou’s ek wakker! ALMAL slaap.
Stilnox – no-go. Nog een. Ek dommel weg – weet nie hoe lank nie. Ek sien darem ‘n paar ander wat suffer.
Een ou se kop rol van kant tot kant. So klein as wat Jorrie is neem hy leeue spasie in. My voete swel – ek
wonder of ek weer sal kan loop. Slaap, wakker, kyk vir almal, slaap bietjie, wakker. Probeer my bene
strek. Die ou vrou langs die ou langs my hoes erg. Wonder of sy siek is of rook. Slaap, slaap-…
Volgende oomblik … my lief, jy moet nou wakker word. Kan nie wees nie, ek het dan nou net aan die
slaap geraak. Probeer hom ignoreer… Daar is die ligte nou aan. Damn!